Sy Klink Soos Lente


Jy verras my met ’n koue front
Jou woorde weemul in die lug
Vanuit die wasem uit jou mond

En jou karakter maar so sag en klein
Tog domineerend as my naam van jou
Lippe af verdwyn

Ek en koljander loop so deur die bos
Laat val ons krummels om 'n spoor te los
En sprokies stories as jy vir my vra
En ek sê ja
Eendag as dit sneeu in Pretoria

Sy klink soos lente in die oggend son
En ek kan gewoond raak aan die more blom
Jy wil my nie hoor nie
So ek skryf 'n song

Sodat jy kan luister
Dat jy saam kan sing
Saam kan sing

Ek ken van winter as die son nie skyn nie
Die wêreld draai al die my sterre nie in lyn nie
Sy bring verandering en ek gee oor
Sy beweeg soos die stilte
In die Klein Karoo

Sy klink soos lente in die oggend son
En ek kan gewoond raak aan die more blom
Jy wil my nie hoor nie
So ek skryf 'n song
Sodat jy kan luister
Dat jy saam kan sing
Saam kan sing

Ek het verdwaal in die stad's gedruis
Die wolke hou voor die suider kruis
Haar lig speel lig oor die horison
Sy gee my rigting
Om hier uit te kom

Sy klink soos lente in die oggend son
En ek kan gewoond raak aan die more blom
Jy wil my nie hoor nie so ek skryf 'n song
Sodat jy kan luister
Dat jy saam kan sing
Saam kan sing

Dat jy saam kan sing
Saam kan sing