Voshaarnooi


Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind

Hoor jy, meisie met die sweetvoshare?
Verstaan jy die praat van die ramkiesnare?
Ek is verlief op die kind

Lappa lei vir Bella koud
In Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout
Met Hanepoot se natrossies

Donkerrooi die wingerdblaar
En warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Bring heide van die mooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi

Bellabint, my meisiekind
Dis hartblom wit, dis heiderooi
Bellabint, my meisiekind
Dis hartblom wit, dis heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind

Hoor jy, meisie met die sweetvoshare?
Verstaan jy die praat van die ramkiesnare?
Ek is verlief op die kind
Ek is verlief op die kind

Hoor jy, meisie met die sweetvoshare?
Verstaan jy die praat van die ramkiesnare?
Ek is verlief op die kind
Ek is verlief op die kind


Writer/s: BOERNEEF, LOUIS VAN RENSBURG