Die Son


Die son, die son
Jy maak alles blom
Selfs 'n winter by die see
Sal jy 'n straal verleën

Andersoms bly als maar fokken dom
Hul kan skree soos wat hul wil
Jy bly die grootste spil

Glo vir my
Ek wil altyd in jou bly
Ek wil in jou velde wei
My sondes kom bely

Ek soek al jare lank na antwoorde op als
Ek het klippe omgerol
Skerpioene weg laat hol

Toe skrik ek wakker en ek vind my by die see
Die son se strale lek aan als wat aarde het

Niks is onnodig nie
Niks is oorbodig nie
Ons raak verstrengel in die net
Wat ons lewens red

Kyk op dan sien jy my
Dryf op 'n wolk verby
Klim op hier's die leer
Jy's in beheer


Writer/s: Riku Latti