Ontvou - Live
My lewensplan is opgevrommel en weggegooi
My drome het gesneuwel en lê en bloei daarby
Ek kan nie meer sien wat my padkaart sê
My lewensroete lê soos glaskerwe voor my voete
Ontvou hierdie opgevrommelde lewe Here
Stryk die rimpels uit met U deurboorde hande
Outeur van my lewe
Wys vir my U oorspronklike plan
Laat my lewe weer ontvou
Ek sal op U vertrou met my hele hart
Nooit weer my eie planne, en ongeduld
U plan is perfek en vra net gehoorsaamheid
In my Abba se hande pas al die stukke in mekaar
Ontvou hierdie opgevrommelde lewe Here
Stryk die rimpels uit met U deurboorde hande
Outeur van my lewe
Wys vir my U oorspronklike plan
Laat my lewe weer ontvou
Ontvou hierdie opgevrommelde lewe Here
Stryk die rimpels uit met U deurboorde hande
Outeur van my lewe
Wys vir my U oorspronklike plan
Laat my lewe weer ontvou