Branders
Jy steek jou hand uit
Waar jy terug kyk
Waar jy terug kyk
Na die dag
Jy vat 'n lang tyd
Waar jy terug kyk
En dan verlang jy stil
Bly stil, bly stil, ek wag
Waarna verlang jy
As jy terug kyk
En hoekom sê jy dat
Die hemel sal moet wag
En die stad skyn lig teen die wolke
Die aarde draai en ek bly wonder
Bly vir 'n oomblik stil
Ek wil probeer hoor
Ek wankel, jy probeer, ek sien jou
Dit vat 'n lang tyd
Om te probeer kyk
Met die ander oë terug getrek
Toe geknyp, ek glo
Om te verander
Soos die lig
Soos die lig
Dit vat 'n lang tyd
Om so te kan kyk
Soos die ligblou branders
In jou lente-oë
En ek sweef soos die wind, ek het
By jou geleer
Ek sweef soos die wind blou
Blou branders, blou branders weet
Na 'n lang dag
Kan jy weer lag
Ja werklik werklik werklik
Die hemel het gewag