Laat Die Wind My Neem


Blind, is my oë dan blind?
Dit wat ek hoop in myself, kon ek nêrens vind
Lees, in 'n hart wat breek
Is dit wat ek wys, wat ek werklik wil wees?

Breek my hart oop, laat dit reën
Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef
Strooi my vrees dan oor die see, laat die wind my neem
Laat die wind my neem

Soms wil ek net loop
Waar die velde in my groen is, die lig vol hoop
Maar in die droogte
In die oë te kyk
O, leer my die kuns om te staan deur tyd

Breek my hart oop, laat dit reën
Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef
Strooi my vrees dan oor die see, laat die wind my neem
Laat die wind my neem

Deel van my sal kyk
En dit wat ek sien en vergeet, dit vergaan in tyd
En dan kom die stilte
Wat my deurgaans volg
Dit wat my terughou, sal ek moet agterlos

Breek my hart oop, laat dit reën
Soms moet mens eers sterf om werklik te kan leef
Strooi my as dan oor die see, laat die wind my neem
Laat die wind my neem