Suiderkruis
Het jy in die oggendou
My nogsteeds onthou?
Toe die lig in weelde kroon
My van my koninkryk onttroon
Wie staan in die suiderkruis?
Wie gee hoop al deurenstyd?
As ek in jou stilte lê
Het jy my reeds uitoorlê
Dromerige beelde dans
Noord en suid al rigtings saans
In 'n tyd so sonder rou
Raak als wat mag het
Stil so gou
Wie staan in die suiderkruis?
Wie gee hoop al deurenstyd?
As ek in jou stilte lê
Het jy my reeds uitoorlê
Het jy in die oggendou
My nogsteeds onthou?