Heuwels en Berge


Vertel my stories
Oor die reis van my hart
Die lig en donker

In die geheim
In die openbaar
Want my hart verlang dat jy
Saggies loop en die berge heuwels maak
Miskien
Soos ons loop
Sal ons paaie gelyk raak

Sal jy wag tot die son opkom
Sal jy saam met my loop in die velde
My hart sal blom as jy saam sal kom
Want al ken jy my vrees
Kies jy om nog by my te wees

Lig die luike dat my oë weer kan sien
Die diep valleie wat ek deur is miskien
Verstaan ek nou die waarde van die berge en die heuwels
Miskien net omdat ons loop het ons pad gelyk geraak

As jy wag tot die son opkom
Sal jy saam met my loop in die velde
My hart sal blom as jy saam sal kom
Want al ken jy my vrees
Kies jy om nog by my te wees
Al ken jy my seer
Kies jy om nog my te wees
Al ken jy my
Kies jy om nog by my te wees

My storie is heuwels
My storie is berge
My storie is vrees
Dat ek te min sal wees
My storie is stof
En my storie is sterre

My storie is seer
Ek wou iets anders wees
My storie deur winters
En reën in die somers
En al ken jy my
Kies jy om nog by my te wees

Al ken jy my heuwels
Al ken jy berge
Al ken jy vrees dat ek te min sal wees
Al ken jy my stof
En al ken jy my sterre
Al ken jy my seer
Ek wou iets anders wees
Al ken jy my droogte
En reën in die somer
Al ken jy my

Kies jy om nog by my te wees