Dra Die Liggies


Lank verlore liefdes val in elke traan
Van my hart waar daar nou
'n Reënboog staan
Ek volg die liggies deur die woud totdat ek vind
Die lig hier binne my
Skyn blink

Dis tye soos die winter waar ek my verloor
En jy my aan die swerf kry om myself weer op te spoor
Ek volg die liggies deur die woud totdat ek vind
Die lig hier binne my
Skyn blink

Hou vas
Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag

Jy sê dis meer as net geluk wat jy bly volg
Dat jy staat maak op die vreugde
Wat jou spore agter los
Jy hang die liggies deur die woud soos wat jy sing
Om 'n voetpad vir die wêreld, na hul drome te begin

Hou vas
Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag
Hou vas
Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag

Soveel meer as net geluk wat ek beleef
As jou hart sy diepste woorde
Aan my wêreld begin kleef
Jy hang die liggies deur die woud, en ek vra
Dat jy nooit sal ophou om die liggies aan te dra