Lig Op Die Horison
Hoor die voetstap van die een
Wat die boodskap bring, as jy wonder
Of daar lig is op jou horison?
Na die lang gewag vir vrede
Is die merke van jou lewe
'n Spoor tot in my hart
Vreugde kom
Ons soos vure brand in die donker nagte, staan ons
Soos lig op die horison
By jou hart se einde waar jy voel jy is alleen
Staan en wag ek vir jou glimlag
In die storm is jy nooit alleen
Dis jou hart waarvoor ek lewe
Vir jou hand teen my gesig
Dis vir wie jy is
Ons soos vure brand in die donker nagte, staan ons
Soos lig op die horison
Jou verlede as is gestrooi
Waar jou oë weer die mooi sien, in die lig op die horison
Ons soos vure brand in die donker nagte, staan ons
Soos lig op die horison
Jou verlede as is gestrooi
Waar jou oë weer die mooi sien, in die lig op die horison