Vanuit Die Wolk
Wag vir my waar die wind waai
Speel tussen die lig waar die seisoen draai
En al vlieg jy soms alleen
Breek jou hart oop, laat dit reën
As jy huis toe verlang
Vat die pad wat huis toe gaan
Toekoms het 'n tree in my hart kom gee
Trane in sy oë oor wat ek moes leer
In die stilte van die nag
Het my hart oor jou verlang
Laaste tree terug in die son
Droogte hier is totdat jy kom
Ek hunker na 'n tyd waar my oë kan sien
Tyd verdwyn en ek kan werklik sien
Daar's 'n wêreld hier en nou
Wat my verbeelding gevange hou
Ek vind ek staan soms net alleen
Om te luister waar's dit heen