Vyftig
Altyd gedink 'n storie moet 'n einde hê
Dat alles wat mooi is eendag bye moet sê
Maar jou lewe leer my meer
Altyd gehoop
Dat drome in my hart sou leef
Dat goedheid en guns op my spoor sou wees
En jou lewe het hoop vir my kom gee
En ek glo daar's 'n nuwe tyd vir nou
'n Tyd waar ons kan lag
'n Tyd waar ons kan jubel
In die nag, as die stilte oor my val
Luister in die wind
Dagbreek moes weet
Hoe meer jou hart in meer sou glo
Hoe meer sou hy spore in lig tree begin loot
En teen skêmer kon ons lag oor wat ons word
Die lig in jou woorde kom saam deur my donkerste nag
Ja, jou lewe het hoop vir my kom gee
En ek glo daar's 'n nuwe tyd vir nou
'n Tyd waar ons kan lag
'n Tyd waar ons kan jubel
In die nag, as die stilte oor my val
Luister in die wind