56 Lig Jare


Die verlate blou huisie op die hoek van die see se hand
Kyk uit oor die branders wat die nag se geraas vervang
En daar is stiltes tussen ons, en gedagtes toe gevou
Maar ons bly langs mekaar sit om die oomblik te onthou

En ons sakkies is gepak vir more om aarde toe te gaan
Ses en fyftig lug jare anderkant die maan
Die see is nie so blou daar nie, en daar's 'n son wat onder gaan
Maar vanaand is ons veilig, dis net ek en jy en die maan

'n Vreemde sterestelsel kruip op die highway van die see
Al kom en gaan die getuie behoort die oomblik aan ons twee
En hulle wag al by die stere stasie vir jou en vir my
Na ons ontsnap sal ons mekaar weer by die blou huise kry

En ons sakkies is gepak vir more om aarde toe te gaan
Ses-en-fyftig ligjare anderkant die maan
Die see is nie so blou daar nie, en daar's 'n son wat onder gaan
Maar vanaand is ons veilig, dis net ek en jy en die maan

En hulle wag al by die sterestasie vir jou en vir my
Na ons ontsnap sal ons mekaar weer by die blou huisie kry

En ons sakkies is gepak vir môre om aarde toe te gaan
Ses en fyftig lug jare anderkant die maan

Die see is nie so blou daar nie, en daar's 'n son wat onder gaan
Maar vanaand is ons veilig, dis net ek en jy
En die maan


Writer/s: Carle van Deventer, Joe Niemand