Vriende


Ek weet dis nie 'n game nie
Maar ek voel ek het verloor
Ek het jou nie verlei nie
Maar jy sê jy voel versmoor

Miskien is jy bang
Miskien is jy aspris
Miskien maak jy 'n fout
Maar dis net hoe dit is

Dalk is jy moeg vir my
Dalk is jy te goed vir my
Miskien moet dit lekker wees vir my
Dat jy nog wil vriende, vriende wees met my

Dis niemand se fout nie
Dis niemand se skuld nie
Ons was nie vinnig om verantwoordelik
Of wil nie

Miskien is jy reg
Miskien is ons verkeerd
Dalk is al wat ek onthou
Dat jy my wou vergeet

Dalk is jy moeg vir my
Dalk is jy te goed vir my
Miskien moet dit lekker wees vir my
Dat jy nog wil vriende, jy nog wil vriende, vriende wees met my

Miskien is jy bang
Miskien is jy aspris
Miskien maak jy 'n fout
Maar dis net hoe dit is

Dalk is jy moeg vir my
Dalk is jy te goed vir my
Miskien moet dit lekker wees vir my
Dat jy nog wil vriende, vriende wees met my

Dalk is jy moeg vir my
Dalk is jy te goed vir my
Miskien moet dit lekker wees vir my
Dat jy nog wil vriende, vriende wees met my

Dalk is jy te goed vir my


Writer/s: Joe Niemand