Vreemdeling


Jy raak weg in die skade
Die tyd raak stil en stom
In plaas van die duiwel op my skouer
Is dit jou stem, jou stem in my kop

Die son behoort aan niemand nie
Die son het geen gesig
Ek dra dit op aan iemand
Dis my naamlose gedig

Ek verbeel ek's in die werklikheid
Maar ek maak myself net bang
Want hoe kan jy na vreemdeling verlang?

Het ons al verby mekaar geloop
Sonder om dit te weet
En dwaal ek ook in jou drome saans
Of droom ek, droom ek net vir gees

Die son behoort aan niemand nie
Die son het geen gesig
Ek dra dit op aan iemand
Dis my naamlose gedig

Ek verbeel ek's in die werklikheid
Maar ek maak myself net bang
Want hoe kan jy na vreemdeling verlang?

Die son behoort aan niemand nie
Die son het geen gesig
Ek dra dit op aan iemand
Dis my naamlose gedig

Ek verbeel ek's in die werklikheid
Maar ek maak myself net bang
Want hoe kan jy
Na vreemdeling verlang?


Writer/s: Carle van Deventer