Gesigte

Ek klim in my Golf wil weg spin en ry
Met my seatbelt voel ek veilig, verlange langs my sy
Afdrand na jou hart gemis, terug kom kans verby
En voor dat ek my kon kry

Sien ek dore lank gras, langs die silwer spoor
Bordjies flits verby, stom agterste voor
Afstand word al hoe verder, verlede uitgemoor
Met elke straat en elke blok en elke dorp, is ek verder weg van jou

Vergeet van die vlaktes tussen jou en my
Gesigte op papier sal my deur dit kry
Vergeet van die paaie tussen jou en my
Gesigte op papier sal my deur dit kry
Deur dit kry

Bestuur nou al vir myle die stilte is my gehoor
Die donker van die wolke, en die son se lig versmoor
Afstand word al hoe verder, verlede uitgemoor
Met elke straat en elke blok en elke dorp, is ek verder weg van jou

Vergeet van die vlaktes tussen jou en my
Gesigte op papier sal my deur dit kry
Vergeet van die paaie tussen jou en my
Gesigte op papier sal my deur dit kry

En ek sou berge versit het vir jou
Verdrink het, in die see so blou
Jy's so ver van jou stem-sing in my kop
Die lewe gaan aan maar my liefde vir jou sal nooit stop nie