Nog Reels Asseblief


Jy moet suksesvol wees
Jy moet kerk toe gaan
Jy moet jouself oppas, jou man kan staan

Jy moet nigter bly
As jy vanaand uit gaan
Jy moet nes ek wees voor ek jou verstaan

Jy moet maarder word
Jy moet ophou kraak
Meer geld verdien, minder van myne vra

Jy moet n virgin wees
As jy 'n man wil hê
Jy moet harder swat, ophou rond lê

Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die ergste van my verwag nie
Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die minste van my verwag nie

Jy moet jou praat kan praat
Jy moet jou mond kan hou
Jy moet jou gat af werk, almal se verjaarsdae onthou

Jy moet oom en tannie sê
Jy moet skelm rook
Jy moet jou trane sluk terwyl jy lekker kook

Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die ergste van my verwag nie
Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die minste van my verwag nie

(Ons is baie lief vir jou, ons wil die beste vir jou hê)

So hou jou bek en luister, doen net wat ek ookal sê

Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die ergste van my verwag nie
Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die minste van my verwag nie

Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die ergste van my verwag nie
Nog reëls asseblief
Ek sal jou nooit teleurstel as jy die minste van my verwag nie


Writer/s: Carle van Deventer, Joe Niemand